Deur Marley

Dis seker hemel op die platteland.

Dit was ‘n ysige dag in die Laeveld, unlike us. Ek was so bly dat ek in my PJ’s die heel eerste keer ‘n rock show kon kyk – Francois van Coke “Stories agter die tunes” op Saterdag 13 Junie 2020.

Soos dit maar op die platteland gaan, is die internet nie altyd lekker nie. Hel, ons kry nou eers fiber in Nelspruit. Maar niks kon my keer om Van Coke te gaan kyk en luister nie. Teen hierdie tyd sou ons (Nelspruit) reg maak vir Innibos. Ek is donners bly dit is aan geskuif na Desember (vir nou). Dit is sneeu op die berge koud! Om ‘n gig te kyk op die internet in egte tyd is maar bietjie wired nog. Ek mis die energie van die crowd, die vriende, die alles van ‘n fees. ‘n Glas rooiwyn of so vir hitte. En natuurlik dat alles by ‘n live show sonder hic ups gaan.

Francois begin by die begin – waar hy Wynand Myburgh ontmoet het. Toe Hunter Kennedy en toe Johnny de Ridder. Waar New World Order vandaan kom. Daar speel hy “Hemel op die platteland” en ek sing klip hard saam. Na die klassike FOPK nommer gesels Francois oor hulle (FOPK) se tyd in suburbs in Durbanville. Die wilde parties, hoe die deure gebrand is buite, vriende, bier, “Dit het soos mini festivals gelyk party dae” beskryf Van Coke. En dat die bure begin kla het oor die wilde dinge van hulle 20’s. “Monoloog in stereo” is volgende wat Hunter ook geskryf het terwyl hulle in die huis gebly het. Ek maak weer ‘n koue gaatjie toe want my hart is warm van musiek.

Ek het laas jaar, toe ek my been gebreek het, weer die FOPK boek gelees vir shits en giggles. Vir die 5de keer. Stories agter die tunes se begin vir my was om weer die boek te lees, net vinniger en Francois vertel dit. Lekker.

Die set up is regtig smooth, ek moet dit nou net imagine in ‘n donker teater. Selfs op die skerm is die manne 3 in 1 musikaal. Yip, daar was die mention van die beursie (wilde aand in Witbank), die doods dreigemente, Snake wat uit ‘n kombi gespring het en hoe FOPK die gehaatste mense in die land was op ‘n tyd. “Skyn Heilig” is geskryf in Pierre Greeff se huis, terwyl al die kak gebeur het in die jong klomp van FOPK se lewens. Die bom sniffer honde deur KKNK veunes voor hulle vertoning. Hulle kon nie op Oudshoorn bly nie want die dorps mense wou hulle nie daar gehad het nie. Polisie was op high alert. Hulle het baie shows verloor na daai wilde aand op Witbank maar hulle het deur gedruk.

En dan val my internet weer, my poging om deel te wees van Zoom is nou maar net te veel vir onse internet…back to the show. Ek mis so bietjie van die Van Coke Kartel storie se begin. Maar wat ek optel is dat Peach van Pletzen hulle dromme gespeel vir die “Skop, Skiet, Donner”album. Maar Francois en Wynand het besef hulle kort ‘n lead kitaarspeler. En hulle het aan Jedd gedink – Wynand en Francois het gedink Jedd is Italian (hy is nie). Hy was saam met hulle op toer saam met VanFokKingTasties en van daar altyd deel van Francois se span. Jedd en Francois het saam geskryf aan “Aan Almal” en het ook saam gewerk aan “Bloed, Sweet en Trane” album. Teen daai tyd was Van Coke Kartel baie gewild.

“Ek het ‘n paar love songs geskryf maar hierdie is die eerste een. Geskryf na ‘n fight met Lauren en dat ek vir haar probeer sê dat môre beter sal wees” – Francois. Nog ‘n gunsteling van my “Tot Die Son Uitkom”. Die liedjie het soveel verskillende betekenisse vir fans. Wonderlike energrie op my rekenaar skerm.

Van Coke Kartel het toe besluit dat die einde gekom het. Hulle drommer, Jason Oostuizen het oorsee gaan dromme speel. En Francois het toe nie weer nie geweet wat hy met sy lewe moet doen nie. Toe het hy en Jedd weereens saam geskryf en “Moontlik Nooit” kom op en dit bly ‘n lekker rimte. En tussen deur die praat kom water vir Francois…Die man met min woorde op die verhoog, gesels nou lekker. Ek geniet dit, ‘n ander kant van die mens.

Screen shot uit "Stories agter die tunes" - Small Town Music
Screen shot uit “Stories agter die tunes”

“Behoort aan niemand” is die volgende song. My gamer boyfriend kon my vals saam singery nie hoor nie (gelukkig) maar my hond, Astrid, is gewoont daar aan. Sy ken FOPK musiek baie goed.

‘n Belangrike song in my loopbaan, wat aanklank gevind het. Dit het uit gekom 08 April as ‘n video en song, saam met Karen Zoid. Dit is ‘n love song, weereens vir Lauren natuurlik. Karen het my gehelp om my woorde neer te pen. Goed wat ek nooit in ‘n song sou sit nie as dit nie vir Karen was nie.” vertel Van Coke. Dit was ook die eerste keer dat hulle as die band Die Gevaar gespeel het.

“My laaste R15k het ek vir die director gegee en gesê daarsy. Sit in ons in ‘n kamer en neem af” was sy verhaal agter die opname van die video. Dit het 20 000 views gehad in 24 uur. En toe 90 000 views… Vandag staan die video op 9.9 miljoen views. Francois was broke na die opname van sy eerste solo album – ja mense, musiek maak voltyds is nie grappies nie. Dit is baie werk, baie geld, baie opoffering van familie, liefde en so veel meer.
“Toe vind ek jou” is seker die liedjie wat die meestegespeel word by troues.

“Ek voel julle vibe deur die screens” noem Van Coke en ek kon sweer ek hoor die aanlyn crowd toejuig.

Van Coke begin sy mede musiek mense voorstel, “Ek stel voor Richard Onraet aan sy regter kant”. Francois vertel dat VCK by Oppikoppi gespeel het en hard partyjie gehou het by daai bekende boonste bar. Hulle terug gevlieg Kaap toe die Sondag. Maar die Dinsdag moes hulle terug vlieg na Johannesburg toe om te aan te kondig dat hulle by Jo’burg Day gaan speel. Die lank en kort daarvan is dat Jedd nog siek was van Oppikoppi. Hy het nie kans gesien vir die vlug of die vertigo wat saam Oppikoppi siekte kom nie. Dis daar dat hulle van Richard onthou het en hy ook by Oppi saam gespeel. Francois vra toe Richard om saam met hom radio toe gaan, en die res is rock ‘n roll history.

Hoe mal is die wêreld? Op die stadium maller as ooit maar die liedjie het Van Coke in 2017 geskryf. En ja “Die wêreld is mal” en dit nog steeds. Ek dink word al hoe maller. Ons is die normaal en die res is mal hase wat rond hardloop.

Dane Taylor, wat die musiek gemeng het is amazing. Francois deel Jagermeisters uit. Ek hoop die Jager is koud (of moet dit warm wees?) Shout out aan Snake wie se hare ook wild gegroei het sonder die personal care wat oop is. “Dit raak beter” wil Van Coke as die verjaarsdag song maak, ek stem saam met hom.

Hy gesels oor die crowd funding van FOPK se 2017 album “Selfmedikasie”. En “Komma” is uit Hunter se pen, alweer. Tydens The Voice SA het Francois die liedjie saam met die Drakensberg Seuns Koor gesing. Want na al die oefening saam die koor kom dit uit dat die woorde ‘hout piele’ in die song is. Die producer van die The Voice SA het navrae daaroor gedoen, Van Coke het dit op live TV in elk geval gesing. Dit is seker ook een van my gunstelinge FOPK liedjies. Die kitare die keer by dit optrede van “Komma” is anders maar net so kwesbaar en hartseer maar ‘n goeie hartseer.

“Die liedjies wat die mense die meeste geniet” toe Francois ‘n fan antwoord wat sy gunsteling liedjie is om live speel. Hy toon ook simpatie uit aan ‘n fan wat ‘n week terug oorlede is.

Hy doen ‘n cover, werk dit in. Hy gesels oor The Voice en Taschè. En dis waar die cover in gekom het “Help” van The Beatles. En daar gaan die internet…koue op die platteland.

Die internet werk weer met Jedd wat sing in Engels. Hy praat nie regtig Afrikaans nie en het Afrikaans geleer sing toe hy by Van Coke Kartel aan gesluit het. Gee vir Jedd ‘n whisky want hy het ‘n mooi stem. Weet nie hoekom hy nie meer sing nie? Francois speel akoestiese kitaar en Richard harmoniseer saam. “While my guitar gently weep” en Jedd gooi die solo kitaar. Ek drink maar ‘n Jacky D…

Screen shot van "Stories agter die Tunes" - Small Town Music
Screen shot van “Stories agter die Tunes”

Hy vertel oor die Van Coke Show (wat op kykNET was) en hoe hy “Baby Tjoklits” gecover het. Nooit. Weer. Nie. Hoor jy meneer! Maar sy cover van “Liefling” is darem baie rock ‘n roll. Net jammer dit was my ear worm wees tot Maandag toe.

‘n Uitstappie na die local Spur in Bellville het die liedjie “Daarsy Boys” geinspireer. Francois het ‘n Spur voucher gekry wat hy moes deel met Hunter, maar het nie. Hy doen die liejie solo sonder Hunter. Snake maak ‘n sign dat hy “Baby Tjoklits” wil hoor.

“Ek Probleem” vertel van Coke oor hoe Riaan Cruywagen vir hom ‘n WhatsApp voice note gestuur het wat jy kan hoor in die opening is op Van Coke se nuwe album. Ek luister nog na die rugby verhaal toe drop die internet my weer soos ‘n warm patat.

Shout outs, nog Jagers, bietjie van Snake se middelvinger…en dan word gepraat van Van Coke se dogtertjie (sy’s cute). Hy voel gemaklik nou om oor haar te praat waar hy nie in ‘n plek vol dronk mense sal nie. Na ‘n oulike storie oor haar waar sy nou kan spel, sing hy “As ek kon” wat hy ook heel toevallig in op 8 Junie 2020 se episode van Noot vir Noot gesing. Yip, Van Coke was op Noot vir Noot…let that sink in.

‘n Nuwe song wat uit kom is saam met Jan Blohm. Die oorspronklike Afrikaanse bad boy rocker. Maar die laaste song van die aand is “Dagdrome in Suburbia” wat hy saam met Danie du Toit (Spoegwolf) geskryf. Dit is dood gespeel in Desember. Hy bedank weereens almal veral Richard, Jedd en Dane.

Twee ure het basies gevlieg! Wat ‘n show. Na nog ‘n Jack Daniels, en die lekker musiek en stories agter die tunes, is ek warm gerock…

Dan val die internet weer…dit is ‘n winter op die platteland.

Check die live streaming van Fokofpolisekar uit op Saterdag 11 Julie 2020

Marley is the founder and owner of Small Town Music. Born and bred in Nelspruit aka Nelsparta. Marley loves music (rock being a firm favourite), tattoos, festivals, animals and South Africa. Self-taught photographer and writer.