Deur Marley
Vir jare en jare volg ek digkuns, ‘n voorliefde wat ek gekry het op skool. Wanneer ek na liedjies luister probeer ek myself indink waar die skrywer was, hoe hy of sy gevoel het op daai oomblik. Wat is die oomblikke wat daai liedjie my gaan gee vir die toekoms. “Komma” is die tipe liedjie wat jou wegneem, na ‘n ver plek. As ‘n FOPK fan, as ‘n mens, as ‘n vrou.
Ek kan waarborg dat elke mens wat hierdie post nou lees gaan saam my stem daar is ‘n paar Afrikaanse rock ballades wat net op jou speel lys is. “Skyn (Heilig)” by FOPK, “Tussen stasies” Jack Parow, “Leja” en “Klein Tambotieboom” van Die Heuwels Fantasties. “Komma” het nou die nommer een plek gevat. Vandat ek die eerste keer die Belville boys se album “Selfmedikasie” in my CD speler in geglip het, was “Komma” basies op repeat.
Ek moet Hunter Kenndy die ulitmate high five gee vir hierdie liedjie. Ek het al, maar ek moet weer. “Komma” is amper hartseer, maar dit is nie. Dit is diep, van ‘n diep plek. Waar ons in ons 30’s is, waar ons nou kinders begin groot maak. Waar ons ‘n huis en skuld het. Waar ons partykeer nog wonder of ons nog alles reg doen want ons het nog daai rebelsgeid in ons. “Komma” is ‘n liefdeslied. Dit is ‘n belofte dat wat ookal tussen jou en jou vrou/man gebeur, jy gaan alles in jou vermoë doen om te keer dat iemand of iets tussen julle gaan kom.
Met die video, wat geskiet is by FOPK se onlangse vertoning in die wêreldbekende, Kirstenbosch Gardens in Kaapstad. Waar die video begin met Johnny de Ridder by die klavier, ‘n groot invloed van die liedjie se agtergrond. En Francois van Coke, op die stage waar nog niemand voor staan nie. En soos die liedjie groei, kom die mense. Die fans en elke woord word saam gesing. Dit is ou en nuwe FOPK fans, dis mense wat al saam gekots het en saam gebons het. Hel, van ons het saam ons kinders gemaak op FOPK liedjies. Dit is ‘n hoendervleis oomblik. Wat ons hoor op die album is wat ons voel voor die verhoog. En Francois se stem sal my verewig jaag met hierdie liedjie, jy kan dit sien op die fans se gesigte soos wat hulle saam sing.
Die video is deur Snake en vriende geskiet. Maar die gevoel wat ek kry is vas gevang in die video. Want ons almal het ‘n “Komma” in ons lewe, en ek bedoel ons harte. Want ons dink met ons hart maar doen met jou brein. Ek is dankbaar ek wat deel van die chaos van FOPK en nou kan ek saam die gees hou van Fokofpolisiekar, die grootwordjare.
Ons is nog nie oud nie.
Nee, ons is nou eers in 3de rat.