Deur Vanessa

Vanessa recently relocated to Cape Town in the Western Cape. She will be brining us the latest news from the music scene out of the Mother City. Exclusively for Small Town Music Blog. Here is her first serving of a band you’re going to love.

Griffin was een van die eerste ouens wat ek ontmoet het toe ek ‘n maand gelede Kaapstad toe verhuis het. Ek was aan hom voorgestel as “Griffin. Punk/rock band vocalist extraordinaire”. Well, you had me at “punk/rock”. My generasie kom hoeka uit ‘n era waar Fokofpolisiekar vir ons geleer het dat dit okay is om bietjie anarchy te leef. Dis okay om kwaad te wees oor dinge. Dis okay om opstandig te raak teenoor geindoktrineerde denkwyse. Dis okay om jouself te wees en as jy werklik verlos wil word van die dinge wat jou kwaadmaak in die lewe, om net glad nie te conform nie.

Die lewe in die Kaap is heeltemal up my alley. Dis rustig en mooi, en natuurlik so koud soos ‘n straatvrou se hart. Afrikaans is stapelvoedsel hier. Fokofpolisiekar kom van die voorste suburbs. Dis g’n wonder hulle het Griffin en sy band Lat Patrollie, gevra om oop te maak vir een van hulle shows nie. Ek dink persoonlik om gevra te word –  deur die band self – om vir hulle oop te maak, is een van daai milestones wat meeste bands hard probeer om te bereik in die begin van hulle musiekloopbaan. Dis een van daai “give yourselves a tap on the back, boys” oomblik.

Ek het besluit om bietjie met Griffin te skerts oor Lat Patrollie, die Fokof show en wie hulle nou eintlik is in die grand scheme of things, terwyl ons teug aan yskoue Black Label draughts.

STM: Eerste dinge eerste dan! Wie is Lat Patrollie?

LP:Ons is ‘n Afrikaanse punk/rock band huidiglik van Kaapstad. Ons het vir Raymond Buitendag op die bass. Hy kan multi-task, so hy is ook die manager en hy doen ons bemarking. Hy is ook op backup vocals.

Raymond se broer, Armand (Buitendag), is ons drummer, terwyl Markie G. Swizzle (soos ons hom noem, maar is gedoop Mark van Zyl) op die rhythm en lead guitar is.

Rosco Randall gooi magic rhythm en lead guitar (hy en Mark loop soos botter en brood) en dan is daar ek: Griffin De Ru. Ek skryf die songs, en dan sing ek hulle ook.

STM: Dis ‘n cool band naam, en ek is nog nie seker hoekom nie. Lat Patrollie: waar kom die naam vandaan?

LP: Dit het baie random opgekom, maar daar is ‘n cool betekenis agter dit. Lank terug toe ons kinders was, was jy getugtig met ‘n lat. Ons tugtig mense met waarheid deur musiek.

Lat Patrollie live on stage - photo credit Dievetman.com
Lat Patrollie
(photo by DieVetMan.com)

STM: Vertel ons hoe het Fokof julle benader om oop te maak vir hulle by een van hulle gigs?

LP:Ons het gaan oefen by Soundcast, net na hulle daar was. Terwyl ons voorberei het, het Wynand ingekom om te kyk of hulle iets vergeet het, toe gee ons vir hom ‘n EP. Ons het mekaar begin follow op Instagram, en hulle het geluister na ons EP. Hulle het ons na ‘n tyd benader om oop te maak vir hulle show hier in Kaapstad. Ons was baie happy daaroor!

STM: Ek kan myself voorstel dat die opwinding center stage gevat het. Voor die gig, wat het gebeur? Praat ons bietjie deur die backstage shenanigans.

LP:Hulle was super awesome as expected. Ons kon lekker chat voor die tyd en baie lekker party na die tyd. Toe ek daardie oggend wakker geword het, was my stem weg. Gedurende ons sound check, het dit gelukkig beter geraak en met ‘n bietjie hulp van OBS, Jagermeister en Fokof Lager, kon ek weer ons lyrics uitbassuin.

STM: Wat is Lat Patrollie se korttermyn planne?

LP: Om so veel shows moontlik te speel (altyd keen vir nuwe venues en mense). Ons konsentreer op merch op die oomblik (passive marketing). Ons tweede EP kom een van die dae uit met ses splinternuwe tracks. Lee Thompson van Hog Hoggidy Hog is op trompet met 2 van die songs. Ons het nog twee songs wat ons by Van Coke Studios wil record. Ons werk ook aan ‘n musiekvideo waaroor ons nie nou kan praat nie, en bo op dit het ons heelwat shows wat opkom in Johannesburg in die naby toekoms, so watch this space.

STM: Wanneer julle nie musiekmaak nie, wat doen julle vir pret en plesier?

LP:Ons drink en kuier!

STM: Vertel ons van julle day jobs.

LP: Nie een van ons werk retig aan ‘n spesifieke loopbaan nie. Ons maak ons geldjies om cash bymekaar te kry vir kop-bo-water hou en om aan te gaan met die ding waarvoor ons lief is: musiek.

STM: Verduidelik vir ons die mileu van julle musiek. Wat inspireer julle?

LP: Allerdaagse probleme in die samelewing, politieke issues, geloof, kak mense. Maar dan het ons ook baie happy vibes, waar ons dinge lig hou. It’s all about the balance.

STM: So, waar sien jy Lat Patrollie in die volgende 2 jaar?

LP:Ons wil Suid-Afrika plat toer, waar ookal ons kan. Ons wil ‘n well-established album in die musiekwêreld inbring en fokus op on merch. Ons wil graag ‘n household naam word. En dan natuurlik groot drome, soos oorsese gigs. Duitsland, Holland… Punk rock orals!!

STM: Vertel ons van die groupies en die fans!

LP: Daar is sekere goed wat mens net nie kan sê nie maar een ding is verseker dis ‘n ride met n paar crazy peeps wat elke sekonde die moeite werd maak.! Ons doen altyd die “gooi die drum sticks in die crowd” roetine. Ek verloor altyd my hemp want ek kry warm dan gooi ek hom in die crowd.

STM: Het enige een van julle musiek gaan swot of enige spesiale musiek agtergrond?

LP: Elkeen van ons het maar musiek aangepak op ons eie manier. Ek het Filosofie en Sielkunde gaan swot vir ‘n klein rukkie. Ek was seker 2 keer by ‘n klas, maar die regte lewe bied die beste lesse. Raymond en Mark het film schooling stuff agter die rug so dit help met ons promotion videos, musiek videos ens.

Volg Lat Patrollie op hulle Facebook page en check uit hulle website om te sien waar hulle volgende paar gigs gaan wees. Hierdie is nie ‘n band om te mis nie. Ek weet ek gaan beslis my ogie hou op hierdie Kaapstad nuwelinge. Ek het ‘n spesmaas hulle gaan binnekort gesien word in al die Suid-Afrika musiek hubs! Sterkte met die pad vorentoe, Lat Patrollie! En hou dit ruk en rol!

Facebook: https://www.facebook.com/LatPatrollie/

Instagram: https://www.instagram.com/latpatrollie/

Website: www.latpatrollie.com

Onwards and upwards!

Vanessa is a hippy/gypsy/traveller of the world. A single mom who loves all things music and a complete festival junkie