Deur Marley

“Oppi, Daisies, Kunstefees; no matter waar jy gaan, hier’s die meeste gees; oop soos die vlaktes, kop vol idees; waar ‘n traffic light ook ‘n robot kan wees.” 

My Koningkryk – Jack Parow

Dit is wat Jack Parow oor “My Koningkryk” te sê gehad het, toe “Afrika 4 Beginners” vrygestel is. Nou is daar ‘n musiekvideo wat gepaard gaan. Soos goed soos Parow brandy en ys saam.

Jack se nuwe video “My Koningkryk” wys hy ons die mooi Weskuslyn van Suid-Afrika.’n Road trip saam met vriende waar hulle surf, uitkamp, dronk word, swem, nuwe mense ontmoet en natuurlik skateboard asof dit die 90’s is. Die liedjie self is ‘n spieëlbeeld van wat Jack lief voor is – sy land. Dis ons almal se land ja. Ons almal ken bunny chows, African time en daai advertensies wat jou p … wel jy ken dit.

“My Koningkryk” laat my net weereens laat voel ek moet uitgaan en die land verken. Nes ek in Oktober gedoen het om na Hondeklipbaai te ry vanaf Kaapstad. Om te sien hoe die landskap verander. Maar ek sal dit saam met Jack Parow wil doen volgende keer. Lyk my die man en sy tjommies kry altyd die lekker plekkies wat ons mis. Ook bietjie ‘n draaigooi met die Parow Board en daarna ‘n Parow brandy drink op die strand.

Hier is die video “My Koningkryk” en onthou om Jack se nuwe “Afrika 4 Beginners” vandag nog aan te koop.

Jou volgende road trip wag vir jou.

Marley is the founder and owner of Small Town Music. Born and bred in Nelspruit aka Nelsparta. Marley loves music (rock being a firm favourite), tattoos, festivals, animals and South Africa. Self-taught photographer and writer.