Deur Marley
Hy is terug, die koning van die Afrikaanse rap, met Parow brandy en coke. Die luiperd print hoed en die ou Pep store broek. Ons praat van niemand anders as Jack Parow en sy nuwe studio album “Afrika 4 Beginners”.
Nog voor “Afrika 4 Beginners” vry gestel is, is Parow al reeds in die nuus gewees oor sy nuwe musiek video vir “Boepens Vark”, die eerste vrystelling van die nuwe album. Kom ons sê net jy moet nie na die video kyk of na die album luister as jou ouma of dominee naby is nie. Hierdie album is rof en melodies en so Suid-Afrikaans soos dit kom – presies wat ons van Jack Parow verwag… en hy stel nie teleur met hierdie een nie. Die liriese rymkletser verskaf die pompende maat vir al die beste tye wat nog kom – die perfekte klankbaan vir die herhinderinge wat jy wil koester of eerder wil vergeet (luister na Bang Babalas).
Hierdie versameling vet liedjies is vervaardig deur Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar), Loki Rothman, Sketchy Bongo, Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties), Desert_Head en Rian Zietsman (Taxi Violence). En soos ons Jack al teen die tyd ken, hou hy nie van alleen partytjie hou nie. Hoe meer, hoe lekkerder. Op “Afrika 4 Beginners” kan jy kunstenaars verwag soos Hunter Kennedy (Vingerafdruk), Koos Kombuis (Johnny is nie dood nie), HHP & Xander Ferreira (Siem Salabiem) asook Dirt Nasty, Happy Boys Klopse, Aewon Wolf met komedie tussen deur die mengle moes van Twakkie en Schalk Bezuidenhout. Jy kan wit warm lirieke verwag wat jou oorfone gaan laat rook en jou kop laat skud. Ek het reeds ‘n gunsteling op die album “Skop, Skiet en Donderweer“, dit is een van daai liedjies wat jy luister as jou baas jou af gepis het. Of jy net iets soek om saam mee te skud terwyl jy agter jou rekenaar sit.
Die album is beskikbaar op iTunes SA en hierdie CD gaan teen die begin van Desember ander CDs ongemaklik maak op winkelrakke landswyd. As jy wil bietjie meer weet hier is “Afrika 4 Beginners” se snitlys:
- 1800 26 37 36 78 275
- Boepens Vark – “If you alone at home and you got nowhere to go, yo pick phone up en baby bel die Boepens nou.”
- Bang Babalas – “Ek’s vanoggend weer banggggggg babalas, die omdat ek weer gisteraand wayyyy te warm was, Ek’s altyd halfpad tussen chilled en angsbevange, raak wakker kaalgat op onbekende banke.”
- Africa for Beginners – Schalk Bezuidenhout
- Jantjie Volstruis ft. Happy Boys – “Waarvan die hart mos vol is loop die mond van oor, in die son deur my sondes met die maan getoor.”
- To all the girls ft. Dirt Nasty – “How do you say fucking awesome – LEKKER; en dis hoe ons rol in Afrika where I’m from; I wanna come visit you there – BRING A GUN.”
- Kak Soek ft. Early B – “Almal het gedoeg ek gan relax as ek ouer raak; maar maak nog die doef doef musiek wat jou ouers haat; Parow praat weer, fresh dressed f*kken vars man; my tunes kom met meer bleep bleeps as ‘n mars man.”
- Twakkie loves you – Twakkie
- Baby, ek likes jou – “Kan nie kook nie, maar sal vir jou ‘n steak kan braai; en as jy groceries koop dit uit die boot uit laai; ek sal elke dag my hart weer op jou verloor; ek weet ek’s dalk ‘n bietjie weird maar hoop jy like my ook.”
- Siem Salabiem ft. HHP & Xander Ferreira – “Almal wonder waar die bra met die pet is; hoof diaken van jou straathoek sektes; dis mos wat ek is, toor met die letters.”
- Jack Parow is ‘n robot – Schalk Bezuidenhout
- Pappa P – “Almal sluk ‘n chill pill sit stil en kraak ‘n venster; as Pappa stadig sleeptong by jou show in slenter; so drink maar suikerwater, eet ‘n stukkie f*kken toast; yo Parow’s f*kken terug pel, gooi n f*kken post.”
- Johnny is nie dood nie ft. Koos Kombuis
- Vingerafdruk ft. Hunter Kennedy – “In die donkerte in gekyk; nou staar die donkerte terug na my; aan fame try vat nou vat die fame aan my; my trots verslint nou net ’n vingerafdruk.”
- Skop, Skiet en Donderweer ft. Aewon Wolf – “Jy flow lame, jy’t no game, ek ruk jou rond met rou rym.”
- Monster – “So kom asseblief na my toe almal wat uitegput en oorlaai is; almal wat veraai is, as jy my soek ek’s waar die f*kken braai is.”
- African Time – Schalk Bezuidenhout
- My Koningkryk – “Oppi, Daisies, Kunstefees; no matter waar jy gaan, hier’s die meeste gees; oop soos die vlaktes, kop vol idees; waar ‘n traffic light ook n robot kan wees.”
En as jy bietjie gaan vakansie hou, hier is waar jy Jack Parow kan vang op die verhoog:
- 24 November – Aandklas, Pretoria
- 25 November – Full Moon, Honeydew
- 1 Desember – Rosetulee, Brakpan
- 3 Desember – Hermanus, VAC
- 7 Desember – Plett Rage, Plettenbergbaai
- 8 Desember – Jbay Rage, Jeffreysbaai
- 9 Desember – Shimmy’s Beach Bar, Kaapstad
- 15 Desember – Upperdeck, Hartebeespoort
- 22 Desember – Flamingos, Langebaan
- 27 Desember – The Shed, Struisbaai
- 28 Desember – Shenanigans, George
- 29 Desember – Barrydale
- 30 Desember – Brians Grill, Oudtshoorn
- 31 Desember – Diaz Strand Hotel, Diaz
Vra Kers Vader vir jou Kerskous geskenk van Jack Parow hierdie Desember. Vat jou Parow brandy, gooi ‘n tirpple en maak die bure mal, mal oor Jack Parow.
Hier is die nuwe video “Boepens Vark” (streng ouderdoms beperking)