Deur Vanessa

Dit reën katte en honde in Kaapstad en die winter is hier. Ek dra laag bo laag van warm truie en dik sokkies, en het Francois van Coke op my playlist gegooi. Francois gaan die komende Saterdag ‘n baie spesiale livestream show gee vir sy fans, en vir die van julle wat nie die agtergrond ken van die musiek nie, maak seker julle mis dit nie.  Click hier vir die event.

Getiteld “Stories agter die tunes” is meer as genoeg om my voor my skerm te kry. Ek het ‘n kans gehad om bietjie met Francois te gesels oor die lockdown, waarmee hy homself besig hou en wat ons kan verwag van Saterdag se show. Ons is tog ALMAL in dieselfde boot, maar Francois gebruik hierdie tyd beter as baie van ons. Ek dink ons het almal ‘n bietjie inspirasie nodig, so lees voort!

STM: You’ve been busy. Dit blyk dat die lockdown blues jou nie beet gekry het nie en dat jy die meeste van hierdie geleentheid vir self-reflection maak. Ons sien uit na jou livestream op die 13de. Kan jy vir ons kortliks vertel wat ons gaan sien en hoor?

FVC: Ek gaan ‘n show speel van die songs wat die grootste invloed gehad het op my loopbaan en dan die storie vertel van die begin tot waar ons nou is. Van “Hemel op die Platteland” tot “Dagdrome in Suburbia”. Die journey van sewentien jaar om uit te kom waar ons nou is. En ek gaan baie songs tussen in speel.

Ek dink die lockdown blues het my so bietjie gevang. Ek was eers in denial in die begin, en gedink ons kon binnekort weer shows speel en alles sal vebry gaan, maar toe later besef, shit. Dit gaan nie gebeur nie. Ons het toe begin moves maak. Ons het ons eerste livestream van my huis af gedoen. Dit was nogals ‘n leerproses. Ek het ook ‘n klomp ou goeters begin doen wat ek baie lank terug gedoen het. Kitaarspeel, ‘n hele set. Ek het my eie klank gedoen, en covers saam met Matthew Mole en Richard Onraet, asook ‘n lockdown version van “Bomskok” gedoen. Ek het ook baie geskryf en natuurlik moes ons ons lewens re-invent met online shows. Ek het dan ook baie tyd saam my gesin spandeer wat baie cool is. Dinge was baie besig, en ek moet eintlik nou weer tyd afvat net om met my gesin te spandeer!

STM: Wat mis jy die meeste van pre-lockdown, en wat jy het tot dusver geleer uit die lockdown?

FVC: Ek het baie geleer. Ek het geleer dat ‘n mens nuwe goeters kan leer op 39, en ek het baie geleer van goeters self doen. Ek het baie vocals record op my eie by die huis, waar ek gewoonlik in die verlede dit by iemand anders sou gaan doen. Maar ja, dit was ‘n verrykende tyd, I must say! Mense moet maar die beste maak van ‘n slegte saak.

STM: Vertel ons wat jou average daaglikse roetine is op die oomblik, en waarmee hou jy jouself besig?

FVC: Ek probeer elke dag om te oefen, so of ek gaan draf, of ek doen een of ander oefening tuis. Gewoonlik werk ek vir ‘n tydjie of aan songs, of beplanning en bemarking van hierdie online shows. Ek eet lunch saam met my familie, en in die middae werk ek weer aan musiek en songs en skryf. In die aande sit ek my dogtertjie in die bed (ek en my vrou maak beurte). Dis maar waarmee ek myself besig hou. Die prep en bemarking van shows meestal.

STM: Doen jy home-schooling op die oomblik, en vertel ons jou ervaring daarvan?

FVC: My dogtertjie nou drie en ‘n half, so daar is darem nie teveel skoolwerk nie. My vrou vat meeste verantwoordelikheid in hierdie departement. My dogtertjie het wel baie geleer deur hierdie tyd. Sy kan nou elke letter van die alfabet skryf, nie net haar naam nie. Sy begin ook nou klein woordjies te lees, en dis insane! Ek lees baie vir haar. Ek en sy doen ook meeste van die physical activities soos hardloop rondom die huis, spring trampoline, spring op die beddens en so aan.

View this post on Instagram

🖤💕 #alexlila

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

STM: Dis drasties anders, ons weet: maar vertel ons hoe jy die livestream/Zoom vibe ervaar in vergelyking met live shows. In jou eie woorde.

FvC: Ek dink online shows het maar sy eie perks, soos byvoorbeeld vir mense van ander lande, of van klein dorpies of wat nie altyd na shows toe gaan nie. Maar, ek mis dit natuurlik om speel vir ‘n crowd en waar mens die energie van die crowd kan voel. Dis ongelukkig nie iets wat jy deur ‘n screen kan voel nie. ‘n Mens moet maar hierdie shows baie oorspronklik hou en die heeltyd nuwe goeters doen, en dan veral met mense engage. Dis belangrik vir hierdie tyd: laat mense net weer kan voel hulle is deel van iets. Ek hoop ons kan almal deel van die vibe maak Saterdagaand. Dis die plan.

Ek weet beslis waarmee ek myself gaan besighou Saterdag. Met ‘n legit yskoue bier en miskien ‘n illegal entjie of so. Ek wou nog altyd weet wat is die eintlike stories agter die tunes.

Dankie dat jy ‘n brokkie uit jou lewe met ons kon deel, Francois!

Kry jou kaartjie hier: Stories agter die tunes

Onthou om proudly South African te wees, al vloek en skel ons die goewerment. Ten minste het ons darem nog die musiek! Sien julle Saterdag!

Vanessa is a hippy/gypsy/traveller of the world. A single mom who loves all things music and a complete festival junkie